Ek is nuut

Is jy nuut in die omgewing? – ons sal graag met jou wil kontak maak.

Byeenkomste

Hoop Geloofsgemeenskap is ‘n gemaklike nuwe soort gemeente waar jy welkom voel al is jy nuut. Ons ontvang jou met ‘n glimlag, ‘n drukkie as jy wil, en drink graag ‘n koppie koffie saam met jou.

Kom kuier gerus Sondae 9:00 by Curro Sitari se skoolsaal.

Jy word ook vriendelik uitgenooi om by enigeen van ons kleingroepe aan te sluit. Vir meer detail gaan na: Bedieninge.

Indien jy enige ander navrae het, maak gerus kontak.

Sondae: 09:00

Ons drink al van 08:30 af koffie. As jy meer wil weet en ons wil ontmoet, kom kuier saam van 08:30 af.

Ontvang ons nuusbrief

Ons wil graag  seker maak dat jy ingelig bly oor wat aangaan in ons gemeente

Byeenkomstye

Sondae 09:00 by Curro Sitari Skoolsaal